CV Databank

By Vernon Hambrock · Mar 27, 2021
CV Databank picture

Plaasbestuurder.co.za staan uitsluitlik individue by wat n Landbouloopbaan wil volg.

Die Plaasbestuurder.co.za CV Databank is daar om eerstens jong Landbou gegradueerde kandidate te help om n loopbaan in Landbou te bou en tweedens om idividue wat opsoek is na n nuwe uitdaging en/of beroepsverandering vinnig te identifiseer en te evalueer.

Plaasbestuurder.co.za onderneem om eers alle CV'S op die databank te evalueer vir vakante betrekkings, en is dit belangrik dat die registrasie riglyne hieronder noukeurig gevolg word om onnodige kommunikasie te vermy. Alle CV'S word konfidensieƫl hanteer. Plaasbestuurder.co.za sal eers met aansoekers kommunikeer voor n CV oorweeg word vir n moontlike werksgeleentheid.

Om te registreer vir die Plaasbestuurder.co.za CV Databank, volg asb hierdie stappe:

  1. Lees ons blog oor hoe om n CV op te stel deur die skakel
  2. Maak seker jou CV is spesifiek, op datum en relevant
  3. Laai jou CV deur die skakel waar jou kundigheid van toepassing is
  4. Moet asb nie jou CV meer as een keer laai nie
  5. Laai slegs jou CV

Hier is die skakels vir die oplaai van CV'S

Dankie vir elkeen se samewerking!!!

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp