Aanlegbestuurder

Aanlegbestuurder picture

Ons kliënt, 'n dinamiese Landbou Maatskappy met belange in 'n Myn in die Alexanderbaai distrik aan die Weskus, is opsoek na 'n ervare, energieke en kundige Aanlegbestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die produksie- en onderhoud aktiwiteite van die produksie-aanleg.

Die ideale kandidaat is 'n gekwalifiseerde "Millwright" (aanbeveel) met meer as 15 jaar ondervinding in soortgelyke Rol, het sterk probleemoplossingsvaardighede, detail gefokus en die vermoë om inisiatief te neem en waarde toe te voeg tot die hele produksieproses.

Bogenoemde vaardighede gekombineer met jou goeie menseverhoudinge, sterk leierskapeienskappe, jou vermoë om personeel te motiveer en effektief te bestuur deur leiding en jou eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Verseker dat die aanleg se produksie teikens bereik en gehandhaaf word
  • Verseker dat die aanleg aan alle toepaslike wetsvereistes, veral Beroepsgesondheid en Veiligheid, voldoen
  • Verseker dat kritiese onderdele beskikbaar is om stilstand in produksie te voorkom
  • Voorkomend en instinktief om probleme te voorkom eerder as om reg te maak
  • Tegniese of elektriese probleem met kundigheid hanteer
  • Personeelbestuur

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wat gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 31 Desember 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf en voordele word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp