Aanlegoperateur (Screen): Diamante

Aanlegoperateur (Screen): Diamante picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery met belange in 'n Diamantmyn tussen Prieska en Douglas in die Noordkaap, is opsoek na 'n bekwame Aanlegoperateur wat verantwoordelik sal wees vir die toesig van die daaglikse bedrywighede, die monitering van masjinerie en toerusting, en die versekering van optimale doeltreffendheid en produktiwiteit op die Myn se Breker (Screener).

Die ideale kandidaat het 'n sterk begrip van prosesbedrywighede (veral om 'n Diamantmyn), veiligheidsprotokolle en is sterk meganies met die vermoë om foute vinnig op die toerusting te sien en korrektiewe aksie te neem.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou bewese werkservaring as 'n Aanlegoperateur of soortgelyke rol in 'n Industriële omgewing, kennis van die prosesse, instandhouding en herstel van die relevante toerusting, begrip van veiligheidsregulasies en operasioneleprotokolle en jou vermoë om onafhanklik en as deel van 'n span te werk met sterk probleemoplossingsvermoëns en 'n fyn oog vir detail, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Hou toesig oor daaglikse aanlegbedrywighede en koördineer produksieskedules
  • Monitor masjinerie en toerusting om optimale werkverrigting en veiligheid te verseker
  • Voer roetine-instandhoudingskontroles uit en foutspeur toerustingfoute
  • Hou by veiligheidsregulasies en -prosedures
  • Teken operasionele data aan en genereer verslae oor aanlegprestasie
  • Werk saam met spanlede om prosesse en doeltreffendheid te verbeter
  • Lei nuwe Operateurs op en verseker dat alle personeel operasioneleprotokolle volg
  • Voldoen aan omgewingsregulasies en handhaaf skoon werksomgewing

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 29 Mei 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf word aangebied.

Aansoeke word slegs deur diè skakel aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp