Administratiewe Bestuurder

Administratiewe Bestuurder picture

Ons kliënt, 'n dinamiese Intensiewe Kweekhuis Boerdery in die Naboomspruit distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare, detail georiënteerde en energieke Administratiewe Bestuurder om verantwoordelikheid te aanvaar vir die volle Administrasie funksie van die Boerdery, bemarking, bespreking en die bestuur van 'n Gasvryheidsvertakking van die Boerdery.

Die ideale kandidaat is ‘n BCom / BCom Rek of Landbou-ekonomie gegradueerde (aanbeveel) met meer as 5 jaar ondervinding as Administratiewe Bestuurder met werkende kennis van BTW, Boerdery rekeningkundige praktyke en Bemarkingsbestuur.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou Rekenaarvaardig in Microsoft Office en rekeningkundige sagteware, bo-gemiddelde onderhandelingsvermoë, goeie kommunikasie- en organisatoriesevaardighede, detail ge-oriënteerd met sterk leierseienskappe en positiewe ingesteldheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Beleid en Prosedures
  • Administratiewe Bestuur
  • Administratiewe Steun aan Eienaars
  • Menslikehulpbronne
  • Administrasie van lone en salarisse
  • Byhou van finansiële rekords
  • Belastingadministrasie
  • Krediteure en Debiteure
  • Begrotingsbestuur en rekordhouding van Finansiële Transaksies
  • Bemarking en Skakeling
  • Effektiewe onderhandeling met kliënte, markagente, diensverskaffers en ander partye tot voordeel van die Boerdery
  • Enige ander pligte soos versoek deur Bestuur

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 17 Augustus 2022

Mededingende salaris eie aan die bedryf wat gratis behuising insluit.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp