Afdelingsbestuurder: Veevoere

Afdelingsbestuurder: Veevoere picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n vooruitstrewende Boerdery in die Ventersdorp distrik, is in die proses om die Boerderybedrywighede verder uit te bou en is die posisie van Afdelingsbestuurder: Veevoere geskep om deel van hierdie uitbreiding te help bestuur en nooi ons kundige en ervare individue met ‘n eienaarskapmentaliteit om aansoek te doen.

Die Afdelingsbestuurder is verantwoordelik vir die dag tot dag bestuur van die Veevoerafdeling, en het die ideale kandidaat ‘n Landboukwalifikasie (nie ‘n vereiste nie), 5+ jaar ondervinding in die bestuur van ‘n Veevoerafdeling met ‘n kode 8 bestuurslisensie.  

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou uitstekende leiereienskappe, beplannings-, goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek. 

Pligte:

  • Effektiewe en winsgewende bestuur van die Veevoerafdeling in samewerking met die eienaar
  • Verleen mentorskap aan die Junior Bestuurder
  • Totale produksiesiklus van Voergewasse
  • Verwerking van Voergewasse
  • Meng van rantsoene
  • Pil van rantsoene
  • Produksiebestuur
  • Biosekuriteit
  • Dag tot dag beplanning en uitvoer van take
  • Konstant verseker dat ratsoenmengsel resepte en standaarde aan voldoen word
  • Effektiewe arbeidsbenutting en lei deur voorbeeld
  • Algehele instandhouding
  • Administrasie
    • Rekordhouding
    • Voorraadbestuur en -beheer
    • Verslagdoening
  • Ander pligte soos wat van tyd tot tyd verlang word deur die Eienaar

Diensaanvaarding: 3 Januarie 2022

Markverwante salaris eie aan die bedryf, winsdeling, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied vir die ideale kandidaat.

Aansoek word slegs deur die skakel aanvaar

Ons kliënt behou die reg voor om nie ‘n aanstelling te maak nie.

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp