AL 3 Boerdery Leerlingboer 2023

AL 3 Boerdery Leerlingboer 2023 picture

DIT IS WEER DAARDIE TYD VAN DIE JAAR!!!

Het jy 'n passie vir Boerdery/Landbou en wil jy jou praktiese kennis en ervaring verbreed?

AL3 Boerdery in samewerking met Plaasbestuurder.co.za bied die geleentheid om vir 'n jaar praktiese kennis en ervaring op te doen teen betaling by een van Suid-Afrika se grootste en toonaangewendste Boerderye.

Daar sal op verskillende areas gefokus word deur die jaar:

  • Grondvoorbereiding
  • Plantpraktyke
  • Besproeiing
  • Pes- en plaagbeheer
  • Plantvoeding
  • Pakhuisbestuur
  • Werkswinkelbestuur
  • Aankopebestuur
  • Finansies
  • Beesboerdery
  • Natuurbewaring
  • Bemarking en Logistiek

"AL3 lede is nie sommer enige iemand nie, dis mense wat kaalvoet oor die berge in Khaki's sal stap" , en is hierdie hoe die ideale AL3 Leerlingboer kandidaat lyk:

  • Jy is tussen 20 en 25 jaar
  • Jy het Matriek geslaag en het een of ander vorm van Landboukwalifikasie
  • Jy het murg in jou pype
  • Jy vat langure en hardewerk op 'n drafstap
  • Jy is innoverend en oplossing gedrewe
  • Jy is iemand wat weet WIE jy is en WAARHEEN jy oppad is - Doelgerig!!
  • Jy het 'n passie om iets by te dra tot iets groter as jyself
  • Jy floreer op resultate en NIE VERSKONINGS NIE
  • Jy vat verantwoordelikheid vir jouself
  • Jy is nie'n Slapgat nie, maar TROTS BOER.

Is jy Boer genoeg om by AL3 Boerdery aan te sluit?, as jou antwoord JA!! is, dan soek ons jou!!

Let wel: Hierdie is nie 'n geleentheid vir sissies en slapgatte nie!!!, en indien jy nog nie angstig aan jou Ma se rokspante gryp nie, sien ons uit na jou aansoek.

Aansoeke sluit 15 Oktober 2022.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp