AL3 Boerdery Leerlingboer 2022

AL3 Boerdery Leerlingboer 2022 picture

DIT IS WEER DAARDIE TYD VAN DIE JAAR!!!!

Het jy 'n passie vir Boerdery/Landbou en wil jy jou praktiese kennis en ervaring verbeter?

AL 3 Boerdery in samewerking met Plaasbestuurder.co.za bied die geleentheid om vir 'n jaar praktiese kennis en ervaring op te doen in een van Suid-Afrika se grootste en toonaangewendste boerderye.

Daar sal op sekere area's gefokus word deur die jaar:

  • Grondvoorbereiding
  • Plantpraktyke
  • Besproeiing
  • Pes- en plaagbeheer
  • Plantvoeding
  • Pakhuisbestuur
  • Werkswinkelbestuur
  • Aankopebestuur
  • Finansies
  • Beesboerdery
  • Natuurbewaring
  • Bemarking en Logistiek

"AL 3 lede is nie sommer enige iemand nie, dis mense wat kaalvoet oor die berge in Khaki's sal stap", en hier is hoe 'n ideale AL 3 Leerlingboer kandidaat lyk.

  • Jy is tussen 20 en 25 jaar
  • Jy het matriek geslaag en het een of ander vorm van Landbou Kwalifikasie
  • Jy het murg in jou pype
  • Jy vat langure en hardewerk op 'n drafstap
  • Jy is innoverend en oplossing gedrewe
  • Jy is iemand wat weet WIE jy is en WAARHEEN jy oppad is (Doelgerig!)
  • Jy het 'n passie om iets by te dra tot iets groter as jyself
  • Jy floreer op resultate en NIE VERSKONINGS NIE
  • Jy vat verantwoordelikheid vir jouself
  • Jy is nie slapgat nie, maar TROTS BOER!

Is jy Boer genoeg om by AL 3 Boerdery aan te sluit? 

As jou antwoord JA!! is, dan soek ons jou!!

Let wel: Hierdie is nie 'n geleentheid vir sissies of slapgatte nie!!!!

Indien jy nog nie angstig na jou Ma se rokspante gryp nie, volg die skakel en voltooi die aansoekvorm voor 10 September 2021

AL 3 Boerdery sal jou kontak as jou aansoek suksesvol was.

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp