Algemene Junior Instandhoudingsbeampte

Algemene Junior Instandhoudingsbeampte picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Intensiewe Varkboerdery in die Fochville /  Potchefstroom distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n Algemene Junior Instandhoudingsbeampte om verantwoordelik te wees vir die Instandhouding van die Plaas se Infrastruktuur (elektriese, water, voertuie en geboue).

Die ideale kandidaat is sterk meganies (Diesel) en/of ketelmaker (boiler making) en/of elektriese, 1 – 5 jaar ondervinding tot die posisie, is netjies op self en werk, kan goed binne en buite spanverband funksioneer, stiptelik, trots op werk met 'n positiewe uitkyk.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskap mentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk en jou vermoë om onafhanklik te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Voertuig instandhouding en diens
  • Rekordhouding van aktiwiteite en gebruik van kritieke onderdele
  • Vooraadbeheer en - bestuur
  • Biosekuriteit nakoming
  • Voorkomende- en algehele onderhoud
  • Meganiese en Elektriese Onderhoud en Herstelwerk
  • Om alle dag tot dag take deeglik en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang van Bestuur

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 6 Julie 2022

Markverwante salaris eie aan die berdyf word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp