Algemene Onderhoud- en Instandhoudingsbeampte

Algemene Onderhoud- en Instandhoudingsbeampte picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Gemengde Boerdery in die Settlers distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare en energieke Algemene Onderhoud- en Instandhoudingsbeampte om verantwoordelik te wees vir die Instandhouding van die Plaas se voertuie, trekkers, implemente, toerusting en infrastruktuur.

Die ideale kandidaat is sterk meganies, met 'n Rooiseel Kwalifikasie Diesel en/of "Millwright" en/of Elektries (aanbeveel) en meer as 5 jaar ondervinding tot die posisie, netjies op self en werk, kan goed binne en buite spanverband funksioneer, stiptelik, trots op werk met 'n positiewe uitkyk.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk en jou vermoë om onafhanklik te funksioneer binne 'n werksomgewing waar werk met trots, netjies en akkuraat gedoen word, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Herstel, diens en instandhouding van plaasvoertuie, -implemente en - toerusting
  • Herstel, diens en instandhouding van besproeiingstelsels, boorgatpompe, pyplyne ens
  • Algemene meganiese en elektriese onderhoud en herstelwerk
  • Om alle dag tot dag take deeglik en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 25 Februarie 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp