Algemene Plaasvoorman: Beeste en Skape

Algemene Plaasvoorman: Beeste en Skape picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Veeboerdery in die Schweizer-Reneke distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n raakvat Plaasvoorman wat verantwoordelik sal wees vir die doeltreffende bestuur van die daaglikse operasionele bedrywighede op die Plaas en die effektiewe bestuur van die Boerdery se Bees- en Skaapkudde.

Die ideale kandidaat is semi-afgetree met 5 - 10 jaar ondervinding in alle aspekte van Skaap- en Beeskuddebestuur met 'n sterk meganies aanleg (diesel, sweis- en staalwerk, draadwerk, boorgate ens).

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou sober gewoontes, goeie kommunikasievermoë, bo-gemiddelde organisasievermoë en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die daaglikse operasionele bedrywighede
  • Bees- en Skaapkuddebestuur
    • Dieregesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur
    • Voeding en Lekke
    • Daagliks getalle monitor
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Instandhouding, diens en herstel van die Plaasvoertuie, -implemente en -infrastruktuur
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Enige ander take soos deur die Eienaar bepaal van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 21 Julie 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp