Aspirant Onderhoudsbestuurder

Aspirant Onderhoudsbestuurder picture

Ons bestaande kliënt, 'n gevestigde Boerdery in die Cullinan distrik in Gauteng, is opsoek na 'n jong Aspirant Onderhoudsbestuurder wat met sy hande kan werk, fiks is, ten minste 'n kode 8 bestuurslisensie het en wat onafhanklik kan funksioneer om aansoek te doen.

Die ideale kandidaat het matriek voltooi, is meganies en elektries aangelê, leergierig en het 'n eienaarskapmentaliteit. Met jou basiese kennis van bouwerk, algemene onderhoud, metaalwerk en besproeiing, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Eienaar bystaan in die dag tot dag take
  • Indiensopleiding ondergaan
  • Algemene onderhoud en herstel op tonnels
  • Algemene onderhoud en herstel op besproeiingsstelsel
  • Oprigting van tonnels en ander geboue
  • Enige ander take soos deur bestuur verlang

Hierdie is 'n ideale geleentheid om 'n loopbaan oop te trap by 'n gevestigde besigheid.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Mededingende salaris word aangebied vir die ideale kandidaat

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp