Aspirant Plaasvoorman: Skaapboerdery

Aspirant Plaasvoorman: Skaapboerdery picture

Ons kliënt, 'n vooruitstrewende Gemengde Boerdery in die Senekal distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n energieke jong Aspirant Plaasvoorman om verantwoordelikheid te aanvaar vir die Skaapvertakking van die Boerdery.

Die ideale kandidaat het groot geword op ‘n Plaas of het ‘n jaar se ondervinding in die Landboubedryf, is netjies, stiptelik, 'n raakvatter en gedrewe wat vir homself/haarself 'n loopbaan in Landbou wil uittrap. 

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou leergierigheid en jou ambisie om suksesvol te groei in Loopbaan, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Ondersteun die Eienaar in die daaglikse operasionele bedrywighede
  • Neem volle verantwoordelikheid vir die Boerdery se Skaapkudde, -voerkraal en Voeraanleg
    • Kuddebestuur
    • Voerkraalbestuur
    • Dieregesondheidsbestuur
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur
    • Lambestuur
  • Handel all take doeltreffend en netjies af
  • Effektiewe arbeidsbenutting binne ‘n gemotiveerde werksklimaat
  • Lei deur en volg voorbeeld
  • Ander pligte soos deur die Eienaar verlang van tyd tot tyd.

Diensaanvaarding: 1 Julie 2022

Aansoeke sluit: 9 Junie 2022

Markverwante salaris en voordele eie aan die bedryf word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp