Assistent Bestuursegpaar: Wildplaas en Lodge

Assistent Bestuursegpaar: Wildplaas en Lodge picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Wildplaas en Lodge in die Thabazimbi distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare en energieke Assistent Bestuursegpaar om Bestuursegpaar by te staan om die Wildplaas en Lodge optimaal, winsgewend, volhoubaar en effektief te bestuur.

Die ideale Bestuursegpaar het uitgebreide kennis van Wildsplaas- en Hospitaliteitsbestuur, en kan goed saamwerk in spanverband met die vermoë het om die besigheid te bestuur met 'n eienaarskapmentaliteit.

Plaasbestuurder (Man)

Die ideale kandidaat het ‘n Landbou- of Natuurbewaringskwalifikasie (aanbeveel) en meer as 3 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van Wild, Veld en Weiding

Bogenoemde gekoppel met jou sterk meganiese aanleg, geldige bestuurslisensie,  en ondervinding in die bewaring van Fauna en Flora, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe bestuur van die Wildplaas
    • Algemene Instandhouding
    • Effektiewe arbeidsbenutting
    • Brandbestuur en -voorkoming
    • Plaassekuriteit en -netheid
    • Infrastruktuur instandhouding
    • Bestuur van indringerplante
    • Voedingsbestuur
  • Rekordhouding en Verslagdoening
  • Ander pligte soos verlang van tyd tot tyd

Assistent Lodgebestuurderes (Vrou)

Die ideale kandidaat het ‘n na-skoolse kwalifikasie (aanbeveel) en meer as 3 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n 5 stêr Lodge/Gastehuis/Hotel met gesonde kliënteverhoudings

Bogenoemde gekoppel met jou sterk rekenaarvaardigheid, fyn oog vir detail, ‘n geldige bestuurslisensie en 'n fyn ingesteldheid vir kwaliteit met sterk leierseienskappe en persoonlikheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Voorhuispligte
  • Kamerkontroles
  • Personeelopleiding
  • Aankope en verkryging
  • Drank- en voedselvoorraadbeheer
  • Onderhandel met verskaffers
  • Koördinering van dag-tot-dag Lodge aktiwiteite en pligte
  • Kommunikasie van gaste se behoeftes en spesiale versoeke
  • Die handhawing van 'n hoë diensetiek en standaard
  • Help met die implementering en instandhouding van stelsels en prosedures
  • Bestuur van lodge-inventarisse
  • Kombuisbestuur
  • Optree as Gasheer en Ambassadeur van die Plaas

Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n Egpaar met die vermoë om die Plaas en Lodge te bestuur met 'n eienaarskapmentaliteit.

Weens die afgeleë ligging van die Plaas en lang werksure van tyd-tot-tyd, gaan dit vir Egpare met kinders 'n uitdaging wees.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 16 Junie 2024

Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Doen asb aansoek as 'n Egpaar deur die skakel

Share on
Click here to contact us on WhatsApp