Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Varkboerdery in die Potchefstroom distrik, is opsoek na 'n energieke Assistent Eenheidsbestuurder om die Teël-, Speen-, Groei- en Voermeule aktiwiteite by die Sogeenheid van 850 te oorsien.
Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie met twee jaar toepaslike ondervinding (praktiese ervaring ingesluit).
Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, uitstekende leiereienskappe, beplannings-, goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie posisie bied die geleentheid om ervaring en kennis in te win oor alle aspekte van vark produksie met ‘n kombinasie van toegepaste teorie en praktiese ondervinding. Die suksesvolle kandidaat sal bystand verleen in die vestiging en implementering van nuwe metodes en tegnologieë in die bevordering van algehele naspeurbaarheid, implementasie van data analise en die gebruik van visuele hulpmiddels in die werksplek. Die neem van inisiatief in die ontwikkeling van eksperimente en proewe sal aangemoedig word.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 24 Junie 2022
Markverwante salaris eie aan die bedryf word aangebied
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar