Assistent Plaasbestuurder: Groente

Assistent Plaasbestuurder: Groente picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Gemengde Boerdery in die Dendron distrik in Limpopo, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Assistent Plaasbestuurder om die Plaasbestuurder by te staan om die Boerdery koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (sterk aanbeveel) met 3 - 10 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Somergewasse en/of Groente en/of Granate, goeie besproeiingsbestuur ervaring en is sterk meganies/tegnies aangelê.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, netheid op self en werk, stiptelikheid, vermoë om effektief onafhanklik en binne spanverband te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede in samewerking met die Plaasbestuurder
  • Effektiewe uitvoering van Produksiepraktyke
  • Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van toerusting en pompe
  • Algehele onderhoud en netheid van die Plaas
  • Effektiewe arbeidsbenutting deur die Produksiesiklus
  • Voldoen aan "Global Gap" standaard
  • Bestuur besproeiing, bemesting- en plaagbeheerprogram
  • Bestuur en beheer van arbeid
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Ander pligte soos verlang van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 17 Februarie 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp