Assistent Plaasbestuurder: Suikerriet en Makadamia

Assistent Plaasbestuurder: Suikerriet en Makadamia picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n vooruitstrewende Boerdery in die Pongola distrik in Noord-Natal, is opsoek na ‘n Assistent Plaasbestuurder om die Plaasbestuurder by te staan in die dag-tot-dag Operasionele Bestuur van die Plaas.

Die ideale kandidaat het ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel), 2 - 5 jaar ervaring in die Totale Produksiesiklus van Suikerriet en Makadamias, ondervinding in mikro- en drupbesproeiing en kennis in die verbouing van Piesangs (aanbeveel).

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou fyn waarnemingsvermoë, eienaarskapmentaliteit, uitstekende leierseienskappe, vermoë om personeel effektief binne ‘n gemotiveerde werksklimaat te bestuur, effektiewe dag-tot-dag operasionele bestuur, ingesteldheid op netheid en goeie onderhandelingsvermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Staan die Plaasbestuurder by in:
    • Koste effektiewe bestuur van die Boerdery
    • Suikerriet en Makadamia Produksiesiklus
    • Effektiewe arbeidsbenutting en lei deur voorbeeld
    • Bereiking van optimum produksie
    • Plaassekuriteit en Brandbestuur
  • Handel take doeltreffend en netjies af
  • Instaan vir die Plaasbestuurder in sy/haar afwesigheid
  • Ander pligte soos deur die Plaasbestuurder verlang van tyd tot tyd.
  • Bydra tot die sukses van die Groep

Hierdie geleentheid is op Plaas wat, uit die aard van sy ligging, baie veilig is.

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit : 30 Junie 2022

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp