Wildplaasbestuurder

Wildplaasbestuurder picture

Ons kliënt, 'n vooruitstrewende Bees- en Wildboerdery in die Thabazimbi distrik in Limpopo, is opsoek na 'n energieke, enkelopende, jong Wildplaasbestuurder om die Plaas in samewerking met die Eienaar optimaal, winsgewend, volhoubaar en effektief te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie of Wildsplaasbestuur Kwalifikasie of Natuurbewarings Diploma (sterk aanbeveel), 2 - 5 jaar se ondervinding in die effektiewe bestuur van 'n Wildsplaas, netjies op self en werk, stiptelik en gedrewe. 

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, leierseienskappe, organisasievermoë en goeie kommunikasievaardighede, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die daaglikse operasionele bedrywighede op die Plaas
  • Wildbestuur
    • Dieregesondheid
    • Voeding
  • Onderhoud van infrastruktuur, heinings en toerusting
  • Indringer plantegroei bestuur
  • Patrollering van grensdrade
  • Bestuur en ondersteuning van jagverwante aktiwiteite
  • Brandbestryding en -voorkoming
  • Handel alle take doeltreffend en netjies af
  • Effektiewe arbeidsbenutting deur voorbeeld
  • Netheid van die Plaas
  • Plaassekuriteit
  • Ander pligte soos deur die Eienaar verlang van tyd tot tyd.

Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n jong persoon wat 'n liefde en passie vir die bedryf het om vir homself/haarself 'n langtermyn Loopbaan uit te trap.

Diensaanvaarding: 1 September 2022

Aansoeke sluit: 8 Augustus 2022 

Markverwante salaris eie aan die bedryf, 13de tjek, gratis verblyf en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp