Ons gewaardeerde kliënt, 'n Eksklusiewe Wildreservaat in die Karoo, is opsoek na 'n jong Assistent Bestuurder om die Algemene Bestuurder by te staan om die Wildreservaat effektief, optimaal, winsgewend en volhoubaar te bestuur.
Die ideale kandidaat het 'n Landbou- of Wildplaasbestuur- of Natuurbewaring Kwalifikasie (sterk aanbeveel), 2 - 5 jaar Wildreservaat /Wildplaas bestuursondervinding, is sterk meganies en tegnies georiënteerd.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, sterk organisatoriese-, kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Die Reservaat is afgeleë, en kan dit 'n uitdaging vir Ouers met skoolgaande kinders wees.
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, gratis water en ligte en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoek sluit: 15 Augustus 2022
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar