Beeskudde- en Voerkraalbestuurder

Beeskudde- en Voerkraalbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Kommersiële Beesboerdery in die Steelpoort distrik in Limpopo, is opsoek na 'n energieke, raakvat en dinamiese Bestuurder om die Kommersiële Beeskudde en die kleinskaal Beesvoerkraal van die Boerdery koste effektief, volhoubaar, winsgewend en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat het 5 - 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Kommersiële Beeskudde met werkende kennis in die Bestuur van 'n Beesvoerkraal.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir beeste, eienaarskapmentaliteit, meganiese aanleg, sober gewoontes, uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasie- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Die bestuur die daaglikse bedrywighede
  • Algehele Beeskuddebestuur
    • Kuddegesondheid
      • Identifisering en behandeling
      • Biosekuriteit
      • Voorkomende Bestuur
    • Weidingbestuur
      • Beplanning
      • Watervoorsiening
      • Voeding en Lekke
    • Reproduksie
      • Bestuur van Bulle
      • Bestuur van Dekseisoen
      • Dragtigheidsondersoek
      • Bestuur van Kalwers
        • Merk
        • Weeg
        • Brandmerk
        • Onthoring
    • Kudde
      • Monitor
      • Getalle
  • Beesvoerkraalbestuur
    • Dieregesondheid
    • GDT en VOV
    • Rantsoenbestuur
    • Mortaliteit
  • Algemene Instandhouding en netheid van area van verantwoordelikheid op die Plaas
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Leierskap deur voorbeeld
  • Bereiking van optimale produksie
  • Akkurate Rekordhouding en Verslagdoening
  • Enige ander take soos bepaal deur die Eienaar

Diensaanvaarding: Februarie/Maart 2024

Aansoeke sluit: 11 Februarie 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp