Beeskudde- en Beesvoerkraalbestuurder

Beeskudde- en Beesvoerkraalbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese en vooruitstrewende Gemengde Boerdery in die Potchefstroom distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Bestuurder om die Bees-afdeling van die Boerdery koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 5 - 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe en suksesvolle bestuur ‘n Kommersiële Beeskudde en Beesvoerkraal.

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Aankope en Voorraadbestuur
  • Beesvoerkraalbestuur
    • Ontvang en verwerking van kalwers
    • Bestuur van VOV en GDT
    • Rantsoenbestuur
    • Produksiebestuur
    • Dieregesondheid
    • Biosekuriteit
    • Mortatiteitsbestuur
  • Algehele Beeskuddebestuur
    • Kuddegesondheid
      • Identifisering en behandeling
      • Biosekuriteit
      • Voorkomende Bestuur
    • Weidingbestuur
      • Beplanning
      • Watervoorsiening
      • Voeding en Lekke
      • Kruipvoer
    • Reproduksie
      • Bestuur van Bulle
      • Bestuur van Dekseisoen
      • Dragtigheidsondersoek
      • Kalwerbestuur
        • Weeg
        • Brandmerk
        • Onthoring
    • Kudde
      • Monitor
      • Getalle
    • Algemene Instandhouding en netheid van area van verantwoordelikheid op die Plaas
    • Effektiewe arbeidsbenutting
    • Leierskap deur voorbeeld
    • Bereiking van optimale produksie
    • Brandbestuur en -voorkoming
    • Plaassekuriteit
    • Akkurate Rekordhouding en Verslagdoening
    • Enige ander take soos bepaal deur die Eienaar

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Sluitingsdatum: 25 September 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied vir die ideale kandidaat.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp