Beeskuddebestuurder

Beeskuddebestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Standerton distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n energieke en dinamiese Bestuurder om die Beeskudde van die Boerdery koste effektief, volhoubaar, winsgewend en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) en 2 - 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Kommersiële Beeskudde.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir Beeste, eienaarskapmentaliteit, meganiese aanleg, uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasie- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Die bestuur van die daaglikse Boerderybedrywighede
  • Algehele Beeskuddebestuur
    • Kuddegesondheid
      • Identifisering en behandeling
      • Biosekuriteit
      • Voorkomende Bestuur
    • Weidingbestuur
      • Beplanning
      • Watervoorsiening
      • Voeding en Lekke
    • Reproduksie
      • Bestuur van Bulle
      • Bestuur van Dekseisoen
      • Dragtigheidsondersoek
      • Kalwerbestuur
        • Weeg
        • Brandmerk
        • Onthoring
    • Kudde
      • Monitor
      • Getalle
  • Algemene Instandhouding en netheid van area van verantwoordelikheid op die Plaas
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Leierskap deur voorbeeld
  • Bereiking van optimale produksie
  • Akkurate Rekordhouding en Verslagdoening
  • Enige ander take soos bepaal deur die Eienaar

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 19 Augustus 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp