Beeskuddebestuurder

Beeskuddebestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Koster distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n energieke, ervare en dinamiese Bestuurder om die Beeskudde van die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste effektief, volhoubaar, winsgewend en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het 'n relevante Tersiêre Kwalifikasie (aanbeveel) met meer as 5  jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Beeskudde (Stoet en Kommersieël).

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir Beeste, rekenaarvaardigheid, eienaarskapmentaliteit, uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasie- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Die bestuur van die daaglikse bedrywighede
  • Algehele Beeskuddebestuur
    • Kuddegesondheid
      • Identifisering en behandeling
      • Biosekuriteit
      • Voorkomende Bestuur
    • Weidingbestuur
      • Beplanning
      • Watervoorsiening
      • Voeding en Lekke
    • Reproduksie
      • Bestuur van Bulle
      • Bestuur van Dekseisoen
      • Kalwerbestuur
        • Weeg
        • Brandmerk
        • Onthoring
    • Kudde
      • Monitor
      • Getalle
  • Algemene Instandhouding en netheid van area van verantwoordelikheid op die Plaas
  • Leierskap deur voorbeeld
  • Bereiking van optimale produksie
  • Akkurate Rekordhouding en Verslagdoening
  • Voorbereiding van diere vir Produksieveilings
  • Enige ander take soos bepaal deur die Eienaar

Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n dinamiese Beeskuddebestuurder om deel te word van een van Suid-Afrika se grootste en dinamiese Beesboere waar kwaliteit met passie en spanwerk bereik word.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 24 November 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp