Beeskuddebestuurder

Beeskuddebestuurder picture

Ons kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Oos Vrystaat is opsoek na 'n ervare Beeskuddebestuurder om die Boerdery se Stoet en Kommersiële Beeskudde volhoubaar, optimaal, winsgewend en koste-effektief te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 10 jaar se eerstehandse ondervinding in alle aspekte van die bestuur van 'n groot Beeskudde en 'n holistiese begrip van korrekte bestuursbesluitneming en akkurate uitvoering daarvan om sodoende suksesvolle eienaarskap te neem met die vermoë om suksesvol te delegeer en te koördineer binne 'n gemotiveerde werksklimaat.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou passie vir Beeste, genetika en teling, magtigheid in Sotho of Zoeloe, kennis van KI, rekenaarvaardigheid, aanpasbaarheid, bo-gemiddelde kommunikasievermoë, goeie menseverhouding, vermoë om in 'n span te funksioneer, lojaliteit teenoor jou werkgewer (Boerdery) en 'n uitsonderlike eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Optimale en winsgewende bestuur van die Beeskudde in oorleg met die eienaar
    • Algehele Kuddebestuur
      • Kuddegesondheid
        • Voorkomende bestuur
        • Identifisering
        • Biosekuriteit
        • Behandeling
      • Weidingsbestuur
        • Beplanning
        • Drukbeweiding
        • Watervoorsiening
        • Aangeplante weiding
      • Voeding
        • Lekke
        • Kruipvoer
        • "Backgrounding"
      • Reproduksie
        • Bestuur van Bulle
        • Seleksie van Bulle, Dekgroepe en Vervangingsverse
        • Sinkronisasie van vroulike diere
        • Kunsmatige Inseminasie van vroulike diere
        • Dragtigheidsondersoeke
        • Akkurate geboorte-aantekeninge
      • Kalwers
        • Brandmerk
        • Merk
        • Onthoring
        • Weeg
        • Selekteer
    • Voerkraalbestuur
      • Rantsoenbestuur
      • GDT en VOV bestuur
      • Dieregesondheid
      • Mortaliteitsbestuur
  • Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur voorbeeld
  • Bestuur van Veewagters, Perde en rytuig
  • Plaassekuriteit
  • Algehele instandhouding
  • Akkurate Rekordhouding en Administrasie
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Behulpsaam wees met ander vertakkings van die Boerdery soos nodig
  • Ander pligte soos bepaal deur Bestuur van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 11 Februarie 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied vir die ideale kandidaat

Aansoeke word slegs deur diè skakel(link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp