Beesplaasbestuurder

Beesplaasbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n gevestigde Boerdery in die Amersfoort distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Bestuurder om 'n Beesplaas koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud en het meer as 15 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe en suksesvolle bestuur ‘n Kommersiële Beeskudde en Algemene Plaasbestuur.

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Algehele Beeskuddebestuur
    • Kuddegesondheid
      • Identifisering en behandeling
      • Biosekuriteit
      • Voorkomende Bestuur
    • Weidingbestuur
      • Beplanning
      • Watervoorsiening
      • Voeding en Lekke
      • Kruipvoer
    • Reproduksie
      • Bestuur van Bulle
      • Bestuur van Dekseisoen
      • Dragtigheidsondersoek
      • Kalwerbestuur
        • Weeg
        • Brandmerk
        • Onthoring
    • Kudde
      • Monitor
      • Getalle
    • Algemene Instandhouding en netheid van die Plaas
    • Effektiewe arbeidsbenutting
    • Leierskap deur voorbeeld
    • Bereiking van optimale produksie
    • Brandbestuur en -voorkoming
    • Plaassekuriteit
    • Akkurate Rekordhouding en Verslagdoening
    • Enige ander take soos bepaal deur die Eienaar

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Sluitingsdatum: 30 September 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied vir die ideale kandidaat.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp