Beesvoerkraalbestuurder

Beesvoerkraalbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Koster distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n ervare en kundige Beesvoerkraalbestuurder om die Boerdery se Beesvoerkraal in samewerking met die Eienaar, winsgewend, volhoubaar, koste effektief en optimaal te bestuur. 

Die ideale kandidaat is getroud, het ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe en winsgewende bestuur van ‘n Beesvoerkraal.

Bogenoemde vaardighede, gekoppel aan jou eienaarskapmentaliteit, goeie kommunikasie, netheid, stiptelikheid en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Optimale en winsgewende bestuur van die Beesvoerkraal
    • Ontvang en verwerking van kalwers
    • Rantsoen- en bunkerbestuur
    • Bestuur van VOV en GDT
    • Produksiebestuur
    • Dieregesondheid en Mortaliteitbestuur
    • Biosekuriteit
    • Voorraadbeheer en -bestuur
  • Dag tot dag beplanning en uitvoer van take
  • Konstant verseker dat aan standaarde voldoen word
  • Doeltreffende en tydige afhandeling van verantwoordelikhede
  • Effektiewe arbeidsbenutting en lei deur voorbeeld
  • Basiese onderhoud en instandhouding van voerkraalkampe, voerkarre en trekkers
  • Akkurate rekordhouding en administrasie

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Sluitingsdatum: 24 November 2024

Markverwante salaris, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied vir die Senior Posisie.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar 

Share on
Click here to contact us on WhatsApp