Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Reitz distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Plaasbestuurder om die Aartappel Produksie-eenheid van die Boerdery winsgewend, optimaal, koste-effektief en volhoubaar te Bestuur.
Die ideale kandidaat het 'n verwante Tersiêre Landboukwalifikasie (vereiste), met as 2 - 5 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Groente/Somergewasse/Wintergewasse onder besproeiing en werkende kennis van Begrotingsbestuur.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou goeie kommunikasievermoë, bo-gemiddelde organisasievermoë en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 17 September 2024
Markverwante salaris eie aan die bedryf, 13de tjek, prestasiebonus, 50% mediese bydra, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar