Bestuurder: Saaiboerdery

Bestuurder: Saaiboerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n suksesvolle gemengde boerdery in die Ermelo distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n ervare en kundige Bestuurder om die totale Saai-afdeling van die Boerdery effektief en volhoubaar te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 5 jaar eerstehandse ondervinding in die totale produksiesiklus van Somergewasse (Mielies en Soja) op droëland en onder besproeiing.

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou kennis in die totale produksiesiklus en berging van Kuilvoer, jou eienaarskapmentaliteit, goeie beplanningsvermoë, relevante meganiese kennis, goeie menseverhouding en effektiewe kommunikasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Koste effektiewe bestuur van die Akkerbou vertakking van die Boerdery
  • Effektiewe arbeidsbenutting en bestuur deur voorbeeld
  • Bereiking van optimale produksie
  • Alle toerusting, implemente, trekkers, stropers en voertuie diensbaar
  • Algemene Instandhouding en Herstel
  • Rekordhouding en Administrasie
  • Plaassekuriteit
  • Brandbestuur
  • Bydra tot die sukses van die Groep

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit:  23 Mei 2022

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp