Bestuurder: Beeste

Bestuurder: Beeste picture

Ons kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Bultfontein distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n Bestuurder om die "backgrounding" afdeling van die Boerdery effektief te bestuur en nooi ons individue met 5 jaar+ se eerstehandse ondervinding in die "backgrounding" van kalwers met 'n eienaarskapmentaliteit en wat op sy/haar voete kan dink, om aansoek te doen.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou rekenaargeletterdheid, jou aanpasbaarheid, goeie kommunikasievermoë, goeie mense verhouding en wat goed in spanverband funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Totale bestuur van die "backgrounding" eenheid van die Boerdery (4000 kalwers)
  • Ontvang van kalwers
  • Verwerking van kalwers
  • Monitering van GDT
  • Algehele kuddegesondheid
  • Mortaliteitbestuur
  • Rantsoenbestuur en -beplanning
  • Voorraadbeheer
  • Bereiking van optimale produksie
  • Weidingbestuur - Drukbeweiding
  • Algemene instandhouding en herstel van toerusting in die eenheid
  • Rekordhouding
  • Ander take soos van tyd tot tyd deur eienaars bepaal

Diensaanvaarding: 1 Oktober 2021

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp