Ons gewaardeerde kliënt, 'n vooruitstrewende Gemengde Boerdery in die Wakkerstroom distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n energieke en ervare Bestuurder vir die effektiewe, optimale, winsgewende en volhoubare bestuur van die Boerdery se Beeskudde.
Die ideale kandidaat het 'n liefde vir Beeste, 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel) en meer as 8 jaar ondervinding in alle aspekte van Beeskuddebestuur (Stoet en Kommersieël).
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou vermoë om Zoeloe te praat en te verstaan, jou bo-gemiddelde kommunikasievermoë, uitstekende menseverhoudings, eienaarskapmentaliteit, vermoë om goed onder druk te funksioneer en inisiatief te neem, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Bestuur van die Beeskudde in oorleg met die Eienaar
Kuddebestuur sal die hoof fokus van die pos wees, maar daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om behulpsaam te wees met ander Boerderybedrywighede.
Diensaanvaarding: 1 September 2022
Aansoeke sluit: 15 Julie 2022
Markverwante salaris eie aan die bedryf, prestasiebonus, gratis behuising, gratis water en elektrisiteit en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar