Bestuurderopleiding: Sitrus

Bestuurderopleiding: Sitrus picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese uitvoer Sitrusboerdery in die Tshipise distrik in Limpopo, is opsoek na 'n energieke, leergierige en dinamiese individu om 'n gestruktureerde 3-jaar opleidingsprogram te volg binne 'n kommersiële boerdery-omgewing onder die mentorskap van Senior Landboukundiges om die vereiste vaardighede en bevoegdhede vir 'n waardetoevoegende loopbaan in die sterk groeiende Landbousektor te bou.

Die ideal kandidaat het 'n Tersiêre Kwalifikasie en/of 3 tot 5 jaar ondervinding in primêre landbou, 'n hoë vlak van selfdissipline en sterk verantwoordelikheidsin met die vermoë om effektief onder druk te funksioneer.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou analitiese denke, probleemoplossingsvermoë, detail georiënteerdheid, uitstekende tydsbestuur, rekenaargeletterdheid (spesifiek Excel), hoë gevoel van dringendheid, goeie kommunikasievermoë en mensebestuur, sien ons uit na jou aansoek.,

Die 3 Jaar Bestuursopleidingsprogram sal op die volgende hoofuitkomste fokus:

  • Produksie - met die fokus op tonnemaat geproduseer en uitvoerpersentasie behaal vir verskeie produkte
  • Prosesse - met die fokus op gewenste uitkomste uit die prosesse
  • Waardekettings - produksie en effektiewe begrip in die bestuur van hierdie waardekettings

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 9 Junie 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp