Senior Bestuursegpaar (Botswana)

Senior Bestuursegpaar (Botswana) picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Boerdery in die Hainaveld distrik in Botswana, is opsoek na 'n ervare, energieke en raakvat Senior Bestuursegpaar om die Tentkamp en Beeskudde van die Boerdery koste-effektief, winsgewend, volhoubaar en optimaal te bestuur.

Die ideale Bestuursegpaar het uitgebreide kennis van Beesplaas- en Hospitaliteitsbestuur, en kan goed saamwerk in spanverband met die vermoë het om die Boerdery te bestuur met 'n eienaarskapmentaliteit.

Plaasbestuurder (Man)

Die Hooffokus van die Pos is die effektiewe, optimale, winsgewende en volhoubare bestuur van die Beeskudde en die onderhoud en instandhouding van alle infrastruktuur en toerusting op die Plaas van 15 000ha. Die Eienaar besit ook 'n Jagkonsessie van 166 000ha in die Area wat oorhoofs bestuur moet word in samewerking met die bestaande Professionele Jagters.

Die ideale kandidaat het ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel), 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Kommersiële Beeskudde, is sterk meganies/tegnies, ervare in Algemene Onderhoud en Instandhouding en werkende kennis van Jagkonsessiebestuur met uitstekende menseverhoudinge.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou bo-gemiddelde kommunikasie- en beplanningsvermoë, uitstekende leierseienskappe met die vermoë om pro-aktief op te tree met 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Algehele Beeskuddebestuur
    • Dieregesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur
      • Verhoog en handhaaf Speenpersentasie
    • Bestuur van Kalwers
    • Bou van Kudde
    • Seleksie
    • Verkoop en aankoop van Beeste
  • Effektiewe bestuur van die Plaas
    • Algemene Instandhouding
    • Effektiewe arbeidsbenutting
    • Brandbestuur en -voorkoming
    • Plaassekuriteit en -netheid
    • Infrastruktuur instandhouding
    • Bestuur van indringerplante
  • Konsessiebestuur
    • Identifiseer nuwe markte en kliëntebehoeftes
    • Bevorder en bestuur die besigheid se dienste om aan kliënte se behoeftes te voldoen
    • Gee betroubare terugvoer en ondersteuning
    • Die bou en bestuur van langtermynverhoudings met nuwe en bestaande kliënte
    • Ontvang en onthaal van Gaste
    • Tree op as Ambassadeur van die Plaas
    • Noue samewerking met Profesionele Jagters binne die Jagkonsessie
  • Rekordhouding en Verslagdoening
  • Ander pligte soos verlang van tyd tot tyd

Tentkampbestuurderes (Vrou)

Die ideale kandidaat het ‘n na-skoolse kwalifikasie (aanbeveel) en meer as 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n Lodge/Gastehuis/Hotel met gesonde kliënteverhoudings

Bogenoemde gekoppel met jou sterk rekenaarvaardigheid, fyn oog vir detail en ingesteldheid vir kwaliteit met sterk leierseienskappe en persoonlikheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Voorhuispligte
  • Kamerkontroles
  • Personeelopleiding
  • Aankope en verkryging
  • Drank- en voedselvoorraadbeheer
  • Koördinering van dag-tot-dag aktiwiteite en pligte
  • Kommunikasie van gaste se behoeftes en spesiale versoeke
  • Die handhawing van 'n hoë diensetiek en standaard
  • Help met die implementering en instandhouding van stelsels en prosedures
  • Bestuur van inventarisse
  • Kombuisbestuur
  • Optree as Gasheer en Ambassadeur van die Plaas

Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n Egpaar met die vermoë om die Plaas en Tentkamp te bestuur met 'n eienaarskapmentaliteit.

Weens die afgeleë ligging van die Plaas en lang werksure van tyd-tot-tyd, gaan dit vir Egpare met kinders 'n uitdaging wees.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 10 Julie 2024

Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Doen asb aansoek as 'n Egpaar deur die skakel

Share on
Click here to contact us on WhatsApp