Senior Bestuursegpaar: Instandhoudingsbeampte en Lodgebestuurderes (Botswana)

Senior Bestuursegpaar: Instandhoudingsbeampte en Lodgebestuurderes (Botswana) picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n 4 Stèr Lodge in die Savuti distrik in Botswana, is opsoek na 'n ervare en energieke Senior Bestuursegpaar om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe, winsgewende en optimale bestuur van twee afgeleë Lodges.

Die ideale Bestuursegpaar deel 'n passie vir die bedryf, werk goed saam as 'n span en beide het 'n sterk fokus om gaste se verwagtinge te oorskry met 'n entrepreneuriese- en eienaarskapmentaliteit. 

Instandhoudingsbeampte (Man)

Die ideale kandidaat is sterk meganies (Diesel) en/of ketelmaker (boiler making) en/of elektriese, 5 - 10 jaar ondervinding tot die posisie (veral sonkrag, boorgate, voertuie en kragopwekkers), is netjies op self en werk, is pro-aktief, kan goed binne en buite spanverband funksioneer, is stiptelik en trots op werk met 'n positiewe uitkyk.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk en jou vermoë om onafhanklik te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek. 

Pligte:

  • Vooraadbeheer en - bestuur
  • Voorkomende- en algehele onderhoud
  • Meganiese en Elektriese Onderhoud en Herstelwerk
  • Rekordhouding van aktiwiteite en gebruik van kritieke onderdele
  • Om alle dag tot dag take deeglik en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang van Bestuur van tyd-tot-tyd

Lodgebestuurderes

Die ideale kandidaat het ‘n na-skoolse kwalifikasie (aanbeveel) met 5 - 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van Akkomondasie in 'n Oord/Lodge/Gastehuis/Hotel met gesonde kliënteverhoudings

Bogenoemde gekoppel met jou sterk rekenaarvaardigheid, fyn oog vir detail en 'n fyn ingesteldheid vir gesonde kliëntediens met sterk leierseienskappe en persoonlikheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Ontvang van Gaste
  • Chaletkontroles
  • Personeelopleiding
  • Aankope en verkryging
  • Koördinering van dag-tot-dag aktiwiteite en pligte
  • Kommunikasie van gaste se behoeftes en spesiale versoeke
  • Die handhawing van 'n hoë diensetiek en standaard
  • Help met die implementering en instandhouding van stelsels en prosedures
  • Bestuur van inventarisse
  • Begrotingsbestuur
  • Weeklikse Verslagdoening

As Bestuurspan

  • Optree as Ambassadeurs van die Lodge
  • Spanbou en die skep van sin vir eenheid
  • Verseker dat Internasionale Gaste se verwagtinge oorskry word
  • Verseker eienaar se verwagtinge word oortref
  • Opleiding en ontwikkelling van Personeel
  • Bestuur van Maatskappybates
  • Handleiding voorbereiding en Implementering van Standaardbedryfsprosedures en Stelselkontroles

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese Egpaar wie gedrewe is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik 

Aansoeke sluit: 25 Julie 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, 13de tjek, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Doen asb aansoek deur die skakel as Egpaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp