Ons gewaardeerde kliënt, die Eienaar van 'n 3500ha Wildsplaas en Lodge in die Tom Bourke distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare Bestuursegpaar om die Lodge en Wildplaas optimaal, winsgewend en volhoubaar te bestuur.
Die Wildsplaas en Lodge fokus hoofsaaklik op Internasionale Gaste en is ons opsoek na 'n Bestuursegpaar wat 'n eienaarskapmentaliteit het, goed funksioneer as 'n span, 'n fyn oog vir detail het, effektief kan lei deur voorbeeld in 'n gemotiveerde kultuur waar werk gedoen word met trots, ywer en tot die beste van almal se vermoë.
Man:
Die ideale kandidaat is 'n gesertifiseerde Professionele Jagter met ten minste 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Wildsplaas.
Bogenoemde gekoppel met jou uitstaande werksetiek, geldige bestuurslisensie, sterk meganiese, sonkrag en elektriese kennis met uitstekende kennis van Algemene Bestuursbeginsels, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Vrou:
Die ideale kandidaat het ten minste 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van 'n Lodge / Gastehuis / Hotel/ Wildsplaas
Bogenoemde gekoppel met 'n geldige bestuurslisensie, sterk rekenaarvaardigheid en uitsonderlike kliëntediensvaardighede, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n aktiewe Bestuursegpaar wat goed as span funksioneer, wat eienaarskap kan neem met verantwoordelikheid en die besigheid sal bestuur met passie.
Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit : 30 Julie 2022
Doen asb aansoek as 'n Egpaar deur dié skakel te volg.