Bestuursegpaar

Bestuursegpaar picture

Ons gewaardeerde kliënt in die Ellisras distrik is opsoek na n getroude ervare Bestuursegpaar om die dag tot dag operasionele bestuur van n Wildsplaas te hanteer. 

Die ideale kandidaat egpaar het albei n diploma kwalifikasie, meer as 3 jaar ondervinding tot hierdie posisie, het beide n eienaarskap mentaliteit, beide het bestuurslisensies met geldige PDP's, kan goed saamwerk in span verband en het n passie vir Wildboerdery.

Pligte:

  • Man
    • Herstel, diens en instandhouding van plaas implemente, plaas toerusting, trekkers en voertuie
    • Effektiewe arbeidsbenutting
    • Daaglikse nagaan van waterkrippe, wildsheining, dipbakke en voerbakke
    • Die uitroei van indringer bos
    • Jagters uitplaas en weer optel in die veld
    • Gejagte diere opspoor en vat na slaghuis
    • Slaghuisbestuur en afslag van diere
    • Instandhouding van paaie en paaie oop snoei
    • Veilings bywoon en aankoop van wild
    • Bemarking en teel van skaars wild
    • Sekuriteit op die plaas
  • Vrou
    • Effektiewe arbeidsbenutting
    • Voorraad aankope
    • Algemene Bestuur van Jagkamp, Chalet en Gastehuis
    • Inboek van Jagters en Gaste
    • Opstel en onderhoud van akkommondasie inventaris
    • Rapportering van enige onderhoud wat gedoen moet word
    • Opstel van proforma fakture en insameling van fondse volgens Maatskappy regulasies
    • Administrasie rondom deposito's betaalbaar
    • Bedrewe kennis van Excel en Word

Die plaas is 40 km geleë vanaf Ellisras, en die skole in Ellisras beskik oor koshuise. Aankope van voorraad vir die plaas kan gereël word om in te pas met die kinders se skoolure.

Diensaanvaarding 1 September 2021

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis verblyf en n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Maak asb seker dat slegs een gekombineerde CV vir die egpaar die aansoek vergesel. Vir meer inligting oor hoe om n CV op te stel, kliek hier

Doen aansoek slegs deur die skakel

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp