Ons kliënt, 'n vooruitstrewende 'n Kalahari Rooi Stoet Boerdery in die Cullinan distrik in Gauteng, is opsoek na 'n energieke jong individu vir hierdie tydelike Landbou-intreepos.
Die ideale kandidaat het voorheen al met diere gewerk en het ‘n aanvoeling vir diere, het die vermoë om medisyne dosisse korrek uit te werk en op te trek en kan data korrek in ‘n rekenaar inlees.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou leergierigheid, ingesteldheid op "detail", vriendelike persoonlikheid en jou ambisie om suksesvol te groei in Landbou, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte: (Indiensopleiding)
Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n jongman of dame wat ondervinding en blootstelling wil opdoen in die basiese aspekte van Kleinveeboerdery.
Dienstydperk: So gou as moontlik tot 30 November 2022
Aansoeke sluit: 10 Augustus 2022
Markverwante salaris eie aan die bedryf word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.