Dieselwerktuigkundige

Dieselwerktuigkundige picture

Ons kliënt, 'n Boerdery in die Bethal distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n ervare, energieke en kundige Dieselwerktuigkundige om verantwoordelik te aanvaar vir die konstante diensbaarheid van die Boerdery se vloot Plaasvoertuie en Implemente.

Die ideale kandidaat is 'n Rooiseel gekwalifiseerde Dieselwerktuigkundige (vereiste) met 5 - 10 jaar ondervinding op Claas, John Deere en Case Plaasvoertuie en Implemente.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk, Onklaardiens (Breakdown Service) met tye weg van die Plaas te doen, jou vermoë om onafhanklik te funksioneer en op jou voete te kan dink, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Herstel en diens van plaasvoertuie, -werktuie en -toerusting
  • Voorkomende- en algehele onderhoud
  • Koste effektiewe bestuur van die afdeling
  • Voorraadbeheer en -bestuur
  • Om alle dag tot dag take deeglik, netjies en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning,
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang deur Bestuur

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit:  30 Junie 2022

Mededingende salaris eie aan die bedryf, behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp