Dieselwerktuigkundige

Dieselwerktuigkundige picture

Ons bestaande kliënt, 'n vooruitstrewende Boerdery in die Standerton distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n ervare, energieke en kundige Dieselwerktuigkundige om te verseker dat alle Plaasvoertuie, -implemente en -werktuie ten alle tye diensbaar is.

Die ideale kandidaat is 'n 'n gekwalifiseerde Dieselwerktuigkundige met 2 – 5 jaar meganiese- (Diesel) sowel as algemene-instandhouding agtergrond van plaasvoertuie, -werktuie en -implemente, sweiswerk en staalwerk.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk, jou vermoë om onafhanklik te funksioneer en op jou voete te kan dink, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Herstel en diens van plaasvoertuie, -werktuie en -toerusting
  • Herstel en Instandhouding van plaastoerusting en -infrastruktuur soos benodig
  • Voorkomende- en algehele onderhoud
  • Effektiewe bestuur van die afdeling
  • Om alle dag tot dag take deeglik, netjies en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning,
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang deur Bestuur

Diensaanvaarding: 1 September 2022

Aansoeke sluit: 30 Julie 2022

Mededingende salaris eie aan die bedryf, 13de tjek, behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp