Dieselwerktuigkundige en Onderhoudsbestuurder

Dieselwerktuigkundige en Onderhoudsbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Val/Standerton distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n ervare, energieke en kundige Dieselwerktuigkundige om verantwoordelikheid te neem vir die diensbaarheid van die Boerdery se plaasvoertuie, -implemente, -werktuie en ander -toerusting.

Die ideale kandidaat het 5 - 10 jaar meganiese- (Diesel) sowel as algemene-instandhouding agtergrond van plaasvoertuie, -werktuie en -implemente.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk, jou vermoë om onafhanklik te funksioneer en op jou voete te kan dink, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Diens, instandhouding en herstel van trekkers, bakkies, en ander plaastoerusting
  • Alle gereedskap en toerusting beheer en bestuur
  • Verseker dat alle plaastoerusting diensbaar is ten alle tye
  • Bystanddiens oor naweke in plant- en oestyd
  • Effektiewe bestuur van die afdeling
  • Om alle dag tot dag take deeglik, netjies en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 27 November 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp