Drywer

Drywer picture

Ons bestaande kliënt in die Cullinan distrik in Gauteng is opsoek na n ervare Drywer om verantwoordelikheid te neem vir die tydige aflewering van die Kweekplaas se produkte aan kliënte.

Jou 2 - 3 jaar ongeluksvrye Kode 10 bestuurservaring gekoppel met jou eienaarskapmentalitiet, jou ingesteltheid op eersteklas kliëntediens en jou vermoë om goed in spanverband te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Veilige aflewering van bestellings by kliënte
  • Verteenwoordiger van besigheid by kliënte
  • Nagaan van voorraad op rakke
  • Rapporteer oor voorraadvlakke, verkope ens by Kwekerye
  • Rapportering van voorraadvlakke vir promosies doeleindes ens.
  • Verseker netheid op voertuig en sleepwa

Diensaanvaarding: 15 Augustus 2024

Aansoeke sluit: 15 Julie 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp