Egpaar: Plaas- en Toerismebestuurder

Egpaar: Plaas- en Toerismebestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Citrusdal distrik in die Weskaap, is opsoek na 'n ervare en energieke Plaasbestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe, winsgewende en optimale bestuur van die Sitrus- en Rooibostee Produksie-eenhede en 'n ge-organiseerde Toerismebestuurder met 'n fyn oog vir detail wat, op 'n fleksietydbasis, verantwoordelik sal wees vir die Boerdery se Toerismevertakking.

Plaasbestuurder

Die ideale kandidaat het 'n toepaslike Landboukwalifikasie (sal in jou guns tel), 6 maande tot 5 jaar ervaring in die Totale Produksiesiklus van Sitrus en Rooibostee met ondervinding in besproeiingsbestuur en werkende kennis van gif- en kunsmisprogramme.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende administrasie- en rekenaarvaardigheid, vermoë om effektief onder druk te funksioneer binne of buite spanverband, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail en eienaarskapmentalitiet met uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Bestuur die totale produksiesiklus van Sitrus
  • Aanplant en uitbreiding van boorde, besproeiing en infrastruktuur
  • Effektiewe arbeidsbenutting en bestuur deur voorbeeld
  • Bestuur van bemestings- en plaagbeheerprogramme
  • Skedulering van besproeiing
  • Algemene instandhouding, diens en herstel op toerusting en infrastruktuur
  • Algemene Administrasie en Rekordhouding
  • Plaassekuriteit en -netheid

Toerismebestuurder

Die ideale kandidaat het ‘n na-skoolse kwalifikasie (aanbeveel) met 5 - 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van Akkomondasie in 'n Oord/Lodge/Gastehuis/Hotel met gesonde kliënteverhoudings

Bogenoemde gekoppel met jou sterk rekenaarvaardigheid, fyn oog vir detail en 'n fyn ingesteldheid vir gesonde kliëntediens met sterk leierseienskappe en persoonlikheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Besprekings
  • Ontvang van Gaste
  • Chaletkontroles
  • Personeelopleiding
  • Aankope en verkryging
  • Koördinering van dag-tot-dag aktiwiteite en pligte
  • Kommunikasie van gaste se behoeftes en spesiale versoeke
  • Die handhawing van 'n hoë diensetiek en standaard
  • Help met die implementering en instandhouding van stelsels en prosedures
  • Bestuur van inventarisse
  • Optree as Gasheer en Ambassadeur van die Plaas

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese Egpaar wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Die behuising wat aangebied word is 'n ruim eenslaapkamer woonstel, en sal dit 'n uitdaging vir Ouers met afhanklikes wees.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik 

Aansoeke sluit: 28 Mei 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, 13de tjek, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Doen asb aansoek deur die skakel as Egpaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp