Elektrisiën

Elektrisiën picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Dendron distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare en energieke Elektrisiën om verantwoordelik te wees vir die Instandhouding van die Plaas se Elektrisiteit Infrastruktuur.

Die ideale kandidaat is 'n Rooiseel gekwalifiseerde Elektrisiën met 'n geldige Bedradingssertifikaat (aanbeveel), meer as 5 jaar ondervinding tot die posisie, netjies op self en werk, kan goed binne en buite spanverband funksioneer, is stiptelik, trots op werk met 'n positiewe uitkyk.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk en jou vermoë om onafhanklik te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Voorkomende instandhouding, herstel en installasies
  • Rekordhouding van aktiwiteite en gebruik van kritieke onderdele
  • Vooraadbeheer en - bestuur
  • Biosekuriteit nakoming
  • Om alle dag tot dag take deeglik en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang van Bestuur

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 26 September 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp