Hoofbestuurder: Akkerbou

Hoofbestuurder: Akkerbou picture

Ons gewaardeerde kliënt in die Elliot/Aliwal-Noord distrik in die Oos Kaap is opsoek na n Hoofbestuurder: Akkerbou en nooi ons ervare individue met n Landbou kwalifikasie, minstens 15 jaar ervaring in alle aspekte van Akkerbou om aansoek te doen vir hierdie uitdagende posisie.

Die ideale kandidaat het in-diepte ondervinding van algemene bestuursbeginsels, goeie mense verhoudings, bo-gemiddelde kommunikasievermoë en goeie leierseienskappe.

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou eerstehandse kennis van die hele produksiesiklus van mielies, soja, koring en aartappels op droëland en onder besproeiing, opstel en effektiewe bestuur van n produsiebegroting en jou eienaarskap mentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Koste effektiewe bestuur van die Akkerbou vertakking van die Boerdery
  • Opstel en effektiewe bestuur van Produsiebegroting
  • Effektiewe arbeidsbenutting en bestuur deur voorbeeld
  • Bereiking van optimum produksie
  • Alle toerusting, implemente, trekkers, stropers en voertuie diensbaar.
  • Plaassekuriteit
  • Brandbestuur
  • Bydra tot die sukses van die groep

Markverwante salaris eie aan die bedryf, prestasie bonus, hervestigingskoste, gratis behuising en n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied vir hierdie Senior Posisie.

Maak asb seker dat CV huidig en relevant is. Kliek hier vir meer inligting oor CV's

Doen aansoek deur die skakel

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp