Instandhouding- en Onderhoudsbeampte: Pakhuis

Instandhouding- en Onderhoudsbeampte: Pakhuis picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Tarlton distrik in Gauteng, is opsoek na ‘n energieke en raakvat Instandhouding- en Onderhoudsbeampte om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe instandhouding en onderhoud van die Boerdery se Pakhuismasjiene, Toerusting en Infrastruktuur.

Die ideale kandidaat is 'n gekwalifiseerde "Millwright" (vereiste) met meer as 5 jaar se eerstehandse ondervinding in die Landbou of soortgelyke omgewing.

Bogenoemde gekoppel met jou goeie kommunikasievaardighede met alle vlakke van personeel, bestuur en medebestuurders, goed gestruktureerde doelgeoriënteerde persoonlikheid, eienaarskapmentaliteit, dryfkrag, netheid, stiptelikheid en sterk organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Verseker dat SOP/BRC-standaarde gevolg word tydens enige vereiste onderhoud
  • Verseker dat voorkomende inspeksies uitgevoer word
  • Voltooi take in ooreenstemming met alle onderhoudsversoeke, en opvolg op herstelwerk
  • Skakel met eksterne partye in geval van uitgekontrakteerde instandhouding
  • Verseker beskikbaarheid van kritieke onderdele vir alle masjiene
  • Verseker 'n hoë persentasie beskikbaarheid deur afbreekpunte tot die minimum te beperk
  • Verskaf opleiding waar nodig
  • Verseker hoë standaarde van gesondheids- en veiligheidspraktyke
  • Akkurate administratiewe bestuur met die fokus op rekordhouding
  • Weeklikse beplanning en implimentering
  • Diens, herstel en instandhouding van toerusting en infrastruktuur
  • Enige ander pligte soos deur Bestuur verlang van tyd tot tyd

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wat gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 20 Augustus 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n werksvoertuig word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp