Ons gewaardeerde kliënt, 'n Intensiewe Varkboerdery in die Fochville / Potchefstroom distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n energieke raakvat Instandhoudingsbeampte wat verantwoordelik sal wees vir die Boerdery se Voerstoor Operasie en Algemene Instandhouding.
Die ideale kandidaat is 'n pas gekwalifiseerde Ambagsman (“Millwright”) met 1 - 5 jaar ondervinding, is netjies op self en werk, kan goed binne en buite spanverband funksioneer, stiptelik, trots op werk met 'n positiewe uitkyk.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskap mentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk en jou vermoë om onafhanklik te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir ‘n pas gekwalifiseerde Ambagsman wat ‘n Loopbaan in Landbou wil uittrap.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 6 Julie 2022
Markverwante salaris eie aan die bedryf word aangebied.
Aansoek word slegs deur die skakel aanvaar