Ons gewaardeerde kliënt, 'n Suikerriet- en Makadamiaboerdery in die Pongola distrik in Noord Natal, is opsoek na 'n ervare Instandhoudingsbestuurder om verantwoordelikheid te aanvaar vir alle Instandhouding op die Plaas. en nooi ons individue met 'n sterk meganiese- (Diesel) sowel as Algemene Instandhouding agtergrond om aansoek te doen.
Die ideale kandidaat is 'n gekwalifiseerde Meulmaker (Millwright) of Diesel Werktuigkundige met meer as 5 jaar ondervinding, is netjies op self en werk, kan goed binne en buite spanverband funksioneer, stiptelik, trots op werk met 'n positiewe uitkyk.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskap mentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk en jou vermoë om onafhanklik te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie geleentheid is op Plaas wat, uit die aard van sy ligging, baie veilig is.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 30 Junie 2022
Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar