Internskap

Internskap picture

Ons kliënt, 'n vooruitstrewende Melkboerdery in die Bethlehem distrik in die Vrystaat, het 'n opwindende Internskap geleentheid beskikbaar vir 'n leergierige en raakvat Individu wat graag 'n Loopbaan in Landbou wil uittrap.

Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel), 6 maande - 5 jaar ondervinding in Boerdery met kennis van KI en Delpro wat in jou guns sal tel.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, rekenaargeletterdheid, uitstekende leierseienskappe, ingesteldheid op netheid en goeie kommunikasievermoë met uitstekende menseverhoudinge, sien ons uit na jou aansoek.

Gedurende hierdie Internskap gaan die suksesvolle kandidaat praktiese blootstelling kry aan:

  • Beeskuddebestuur
    • Kuddegesondheid
    • Behandelings, entings, hoefversorging
    • Kunsmatige Inseminasie
    • Sinkronisasie
    • Dragtigheidsondersoeke
    • Kalwerbestuur
  • Melkstalprosedures
    • Higiëne
    • Uiergesondheidspraktyke
    • Onderhoud en instandhouding van Melkmasjiene
  • Industrie Standaarde
  • Administrasie en rekordhouding
  • Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur voorbeeld

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir iemand wat die nodige kennis en vaardighede as wegspringplek het, en sal ons kliënt werkverwante opleiding gee soos en indien nodig.

Diensaanvaarding: Junie 2024

Aansoeke sluit: 26 Mei 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf en gratis behuising word aangebied

Aansoeke word slegs deur hierdie skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp