Junior Akkerboubestuurder – Zambië (2 Poste)

Junior Akkerboubestuurder – Zambië (2 Poste) picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese en gediversifiseerde Boerdery in die Mpongwe distrik in Zambië, is opsoek na twee energieke en dinamiese Bestuurders om die Saai-afdeling van die Boerdery in samewerking met die Plaasbestuurder koste effektief, volhoubaar, winsgewend en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (sterk aanbeveel) met 3 - 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die Produksiesiklus van Somer- en Wintergewasse op droëland en onder besproeiing.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou geldige paspoort met 'n minimum van 5 jaar voor vervaldatum, eienaarskapmentaliteit, meganiese aanleg, uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasie- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Beplan en implementeer gewasprogramme
  • Bevorder verbeterings in grondvrugbaarheid en gesondheid.
  • Die implementering van 'n gesonde wisselboustrategie
  • Die bestuur van plant-, spuit- en bemestingsprogramme, in oorleg met Bestuur en eksterne konsultante
  • Verkryging van vereiste insette, voor die volgende oesseisoen
  • Skep en bestuur van begrotings
  • Verseker die korrekte implementering van besproeiing, om maksimum opbrengste en geoptimaliseerde gebruik van te bevorder
  • Bevordering van grondvrugbaarheid deur die gebruik van regeneratiewe praktyke, soos dekgewasse
  • Installering van nuwe infrastruktuur soos besproeiing, skure en kunsmis- en graanbergingsfasiliteite
  • Verskaf 'n weeklikse verslag aan Bestuur
  • Werk nou saam met verkrygings- en logistieke span om volhoubare voorraadvlakke
  • Instandhouding van graanbergingsfasiliteite
  • Produksie van kompos en ander verwante organiese insette
  • Beplanning en implementering van toerustinginspeksies voor en na die seisoen
  • Monitering van gebruiks- en diensrekords van toerusting
  • Monitering en aantekening van die gebruik van chemikalieë, kunsmis en ander insette
  • Gebruik moderne tegnologie om akkuraatheid te verseker en doeltreffendheid te maksimeer
  • Help met die bestuur van Sitrusboorde

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 25 Februarie 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, behuising, 2 x retoervlugte na Suid-Afrika per jaar, mediesefonds en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp