Junior Bestuurder: Beesvoerkraal

Junior Bestuurder: Beesvoerkraal picture

Ons bestaande kliënt, ‘n vooruitstrewende Boerdery in die Ermelo distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n energieke en pro-aktiewe Junior Bestuurder om die Boerdery se Beesvoerkraal winsgewend en optimaal te bestuur, en nooi ons jong gemotiveerde individue met ‘n eienaarskapmentaliteit om aansoek te doen.

Die ideale kandidaat het ‘n Landboukwalifikasie (nie ‘n vereiste nie), 3-5 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n Beesvoerkraal met ‘n kode 8 bestuurslisensie.     

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek. 

Pligte:

  • Optimale en winsgewende bestuur van die Beesvoerkraal
    • Ontvang en verwerking van kalwers
    • Bestuur van VOV en GDT
    • Rantsoenbestuur
    • Produksiebestuur
    • Dieregesondheid
    • Biosekuriteit
    • Mortatiteitsbestuur
    • Dag tot dag beplanning en uitvoer van take
    • Konstant verseker dat standaarde aan voldoen word
  • Handel take doeltreffend en netjies af
  • Effektiewe arbeidsbenutting en lei deur voorbeeld
  • Algehele instandhouding
  • Akkurate rekordhouding en administrasie
  • Behulpsaam wees met ander vertakkings van die Boerdery soos nodig
  • Ander pligte soos bepaal deur bestuur van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: 1 Maart 2022

Sluitingsdatum: 27 Januarie 2022

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied vir die ideale kandidaat.

Aansoek word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp