Junior Bestuurder: Pluimvee

Junior Bestuurder: Pluimvee picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n vooruitstrewende Boerdery in die Ventersdorp distrik, is in die proses om die Boerderybedrywighede verder uit te bou en is die posisie van Junior Bestuurder: Pluimvee geskep om deel van hierdie uitbreiding te help bestuur en nooi ons jong energieke individue met ‘n eienaarskapmentaliteit om aansoek te doen.

Hierdie intreevlak posisie, wat die Afdelingsbestuurder bystaan in die dag tot dag bestuur van die uitbroei, uitgroei en lewering van lêhenne aan Eierprodusente, is ‘n ideale geleentheid vir ‘n leergierige individu wat ‘n loopbaan in Landbou wil bou. 

Die ideale kandidaat het ‘n Landboukwalifikasie (nie ‘n vereiste nie), 1-2 jaar ondervinding/blootstelling in die Pluimveebedryf met ‘n kode 8 bestuurslisensie.     

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek. 

Pligte: 

  • Ondersteun die Afdelingsbestuurder in die daaglikse operasionele bedrywighede
  • Handel take doeltreffend en netjies af
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Lei deur en volg voorbeeld 
  • Instaan vir die Afdelingsbestuurder in sy/haar afwesigheid
  • Ander pligte soos deur die Afdelingsbestuurder verlang van tyd tot tyd.

Diensaanvaarding: 3 Januarie 2022

Markverwante salaris eie aan die bedryf, winsdeling, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied vir die ideale kandidaat.

Aansoek word slegs deur die skakel aanvaar

Ons kliënt behou die reg voor om nie ‘n aanstelling te maak nie.

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp