Junior Instandhoudingsbeampte

Junior Instandhoudingsbeampte picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Ermelo distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n Junior Instandhoudingsbeampte en nooi ons individue met 'n sterk Algemene Instandhouding agtergrond om aansoek te doen.

Die ideale kandidaat het 2 - 5 jaar ondervinding, is netjies op self en werk, kan goed binne en buite spanverband funksioneer, stiptelik, trots op werk met 'n positiewe uitkyk.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskap mentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk en jou vermoë om onafhanklik te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Herstel, Instandhouding en Uitbreiding van Infrastruktuur op die Plaas
    • Water Infrastruktuur
    • Grensdrade, Kampdrade en Hekke
    • Veehanteringsfasiliteite
    • Geboue
  • Om alle dag tot dag take deeglik en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang deur Bestuur

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 18 Junie 2022

Mededingende salaris met verblyf word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp